Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

‘Paulus het God gedank en moed geskep’

‘Paulus het God gedank en moed geskep’

Toe die gemeente in Rome hoor dat Paulus op pad is, het ’n paar broers omtrent 64 kilometer gereis om hom te gaan ontmoet. Watter uitwerking het hulle onselfsugtige liefde op Paulus gehad? “Toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed geskep” (Han 28:15). Paulus was daarvoor bekend dat hy die gemeentes wat hy besoek het, opgebou het. Maar hierdie keer, terwyl hy ’n gevangene was, was hy die een wat deur ander aangemoedig is. – 2Kor 13:10.

Vandag besoek kringopsieners die een gemeente na die ander om die broers en susters op te bou. Maar net soos God se ander knegte voel hulle ook partykeer moeg, bekommerd en mismoedig. Wat kan jy doen wanneer die kringopsiener en sy vrou weer na julle gemeente toe kom om hulle te help om moed te skep sodat daar “wedersydse aanmoediging” kan wees? – Ro 1:11, 12.

  • Ondersteun die velddiensvergaderinge. Wanneer verkondigers opofferings maak om die voordele van die spesiale week van aktiwiteit te geniet, is dit ’n groot aanmoediging vir die kringopsiener (1Te 1:2, 3; 2:20). Dink daaraan om hulppionierdiens te doen tydens die maand van sy besoek. Kan jy saam met hom en sy vrou velddiens doen of een van hulle saam met jou na jou Bybelstudie neem? Hulle geniet dit om saam met verskillende verkondigers te werk. Dit sluit nuwelinge in en dié wat nog nie so baie ervaring in die bediening het nie.

  • Wees gasvry. Kan hulle dalk by jou kom bly of by jou kom eet? Dit sal vir die kringopsiener en sy vrou wys dat jy vir hulle lief is. Hulle is tevrede met wat die broers vir hulle kan gee, en verwag nie iets duurs nie. – Lu 10:38-42.

  • Luister na sy raad en pas dit toe. Die kringopsiener help ons liefdevol om te sien hoe ons Jehovah beter kan dien. Partykeer moet hy ons dalk ernstig raad gee (1Kor 5:1-5). Dit maak hom baie bly wanneer ons gehoorsaam en onderdanig is. – Heb 13:17.

  • Wys dat jy dankbaar is. Sê vir die kringopsiener en sy vrou watter goeie uitwerking hulle harde werk op jou gehad het. Jy kan dit vir hulle sê terwyl hulle by jou is of deur vir hulle ’n briefie of kaartjie te gee. – Kol 3:15.