Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 SKATTE UIT GOD SE WOORD | HANDELINGE 25-26

Paulus beroep hom op die keiser en getuig dan vir koning Herodes Agrippa

Paulus beroep hom op die keiser en getuig dan vir koning Herodes Agrippa

25:11; 26:1-3, 28

Hoewel ons nie bang hoef te wees oor wat ons gaan sê wanneer ons “voor goewerneurs en konings gesleep word” nie, moet ons ‘gereed wees om ons te verdedig’ voor enigiemand wat van ons ’n rede vereis vir die hoop wat ons het (Mt 10:18-20; 1Pe 3:15). Hoe kan ons Paulus se voorbeeld volg wanneer teenstanders probeer om die wet te gebruik om vir ons moeilikheid te maak? – Ps 94:20.

  • Ons gebruik ons wetlike regte om die goeie nuus te verdedig. – Han 25:11

  • Ons is respekvol wanneer ons met mense in gesagsposisies praat. – Han 26:2, 3

  • Wanneer die omstandighede dit vereis, sal ons verduidelik hoe die goeie nuus ons en ander gehelp het. – Han 26:11-20