Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Ons voorreg om plekke van ware aanbidding te bou en in stand te hou

Ons voorreg om plekke van ware aanbidding te bou en in stand te hou

Die bou van Israel se tempel het baie werk en groot onkoste behels. Maar die Israeliete het die projek ywerig ondersteun (1Kr 29:2-9; 2Kr 6:7, 8). Nadat die tempel voltooi is, was die manier waarop die Israeliete dit in stand gehou het, ’n weerspieëling van hulle geestelikheid of gebrek daaraan (2Kn 22:3-6; 2Kr 28:24; 29:3). Vandag bestee Christene baie tyd en energie daaraan om Koninkryksale en Byeenkomssale te bou, skoon te maak en in stand te hou. Maar om op hierdie manier saam met Jehovah te werk, is ’n groot voorreg en is deel van ons heilige diens. —Ps 127:1; Op 7:15.

ONS KAN HELP DEUR . . .

  • ná elke vergadering op te ruim. As jou omstandighede jou beperk, kan jy seker maak dat dit rondom jou sitplek skoon is.

  • deel te neem aan die gereelde skoonmaak en instandhouding van die Koninkryksaal. Baie hande maak die werk vreugdevol en lig.—lv 92-93 ¶18.

  • finansieel by te dra. Selfs ’n bydrae van ‘twee muntstukkies wat min waarde het’ en wat uit die hart gegee word, behaag Jehovah.—Mr 12:41-44.

  • aan te bied om ’n deelname te hê aan die bou en opknappingswerk van teokratiese fasiliteite as ons omstandighede dit toelaat. Ondervinding in bouwerk is nie ’n vereiste om ’n aandeel hieraan te hê nie.