Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat is die Koninkryk van God?

Wat is die Koninkryk van God?

Wat is die Koninkryk van God?

PARTY MENSE GLO dat dit verwys na die koningskap van God in ’n mens se hart; ander dink dat dit verwys na wêreldvrede en ’n broederskap wat deur mensepogings tot stand gebring sal word. Wat dink jy?

WAT DIE BYBEL SÊ

“Die God van die hemel [sal] ’n koninkryk oprig wat nooit vernietig sal word nie. . . . Dit sal al hierdie [menslike] koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak” (Daniël 2:44). God se Koninkryk is ’n werklike regering.

WAT ONS NOG UIT DIE BYBEL LEER

Wanneer sal God se Koninkryk kom?

WAT SOU JY SÊ?

  • Niemand weet nie

  • Binnekort

  • Nooit

WAT DIE BYBEL SÊ

“Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom” (Matteus 24:14). Wanneer die goeie nuus ten volle verkondig is, sal die Koninkryk kom om ’n einde te maak aan hierdie goddelose stelsel.

WAT ONS NOG UIT DIE BYBEL LEER

  • Niemand op die aarde weet presies wanneer God se Koninkryk sal kom nie.—Matteus 24:36.

  • Bybelprofesieë toon dat die Koninkryk binnekort sal kom.—Matteus 24:3, 7, 12.