Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Hoe kan kinders leer om God lief te hê?

Gebruik lesse uit die skepping om jou kind te help om God te ken en lief te hê

Jou kinders kan slegs leer om God lief te hê as hulle bewyse het dat hy bestaan en dat hy hulle liefhet. Om God lief te hê, moet hulle hom ken (1 Johannes 4:8). Hulle moet byvoorbeeld weet: Waarom het God die mens geskep? Waarom laat God lyding toe? Wat sal God in die toekoms vir die mensdom doen?—Lees Filippense 1:9.

Om jou kinders te help om God lief te hê, moet jy vir hulle wys dat jý hom liefhet. Wanneer hulle dit sien, sal hulle heel moontlik jou voorbeeld volg.—Lees Deuteronomium 6:5-7; Spreuke 22:6.

Hoe kan jy jou kinders se hart bereik?

God se Woord is kragtig (Hebreërs 4:12). Help jou kinders dus om basiese Bybelleringe te verstaan. Om mense se hart te bereik, het Jesus vrae gevra, geluister en die Skrif verduidelik. Om jou kinders se hart te bereik, kan jy die manier navolg waarop Jesus mense geleer het.—Lees Lukas 24:15-19, 27, 32.

Wat meer is, Bybelverslae oor hoe God met mense gehandel het, kan kinders help om God te ken en lief te hê. Publikasies wat met dié doel saamgestel is, is beskikbaar by www.jw.org/af.—Lees 2 Timoteus 3:16.