Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 VOORBLADONDERWERP | BESTAAN SATAN WERKLIK?

Bestaan Satan werklik?

Bestaan Satan werklik?

’n Standbeeld in Madrid, Spanje, wat Satan as ’n verdorwe, gevalle engel uitbeeld

“Ek het in El Salvador grootgeword. Wanneer ek stout was, het my ma altyd vir my gesê: ‘Die Duiwel sal jou kom haal!’ Dan het ek geantwoord: ‘Laat hom kom!’ Ek het aan God geglo, maar nie aan Satan nie.”—ROGELIO.

Stem jy saam met die jong Rogelio? Watter een van die volgende menings klink vir jou redelik?

  • Satan is nie ’n werklike persoon nie; hy is net ’n simbool van boosheid.

  • Satan bestaan werklik, maar hy stel nie eintlik belang in mense nie.

  • Satan is ’n magtige geesskepsel wat ’n groot invloed op die mensdom uitoefen.

Elkeen van hierdie beskouings het sy ondersteuners, miskien selfs miljoene. Maar maak dit werklik saak watter beskouing reg is? Wel, as Satan nie bestaan nie, is dié wat glo dat hy ’n werklike persoon is, mislei. As Satan bestaan maar nie eintlik in mense belangstel nie, is baie sonder rede op hulle hoede of selfs bang. Maar as Satan ’n bedrieglike manipuleerder is, is hy gevaarliker as wat die meeste mense dink.

Kom ons kyk hoe die Heilige Skrif die volgende vrae beantwoord: Wat of wie is Satan—’n simbool van boosheid of ’n geespersoon? As Satan ’n persoon is, hou hy ’n bedreiging vir jou in? Indien wel, hoe kan jy jou beskerm?