Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Wie heers werklik oor hierdie wêreld?

Sou daar soveel lyding gewees het as God die heerser van hierdie wêreld was?

Baie mense glo dat die ware God die heerser van hierdie wêreld is. Maar sou daar dan soveel lyding op die aarde gewees het? (Deuteronomium 32:4, 5). Volgens die Bybel is ’n bose persoon in beheer van die wêreld.—Lees 1 Johannes 5:19.

Hoe het ’n bose persoon beheer oor die mensdom verkry? Aan die begin van die mensegeskiedenis het ’n engel teen God in opstand gekom en die eerste mensepaar aangespoor om ook in opstand te kom (Genesis 3:1-6). Hulle het gekies om daardie opstandige engel, Satan, te gehoorsaam en het hom sodoende hulle heerser gemaak. God die Almagtige is die enigste regmatige Heerser, maar hy wil hê dat mense sy heerskappy moet kies omdat hulle hom liefhet (Deuteronomium 6:6; 30:16, 19). Ongelukkig is die meeste mense mislei om dieselfde slegte keuse as die eerste mensepaar te maak.—Lees Openbaring 12:9.

Wie sal die mensdom se probleme oplos?

Sal God toelaat dat Satan sy goddelose heerskappy voortsit? Nee! God sal Jesus gebruik om die kwaad wat Satan aangerig het, ongedaan te maak.—Lees 1 Johannes 3:8.

God sal Jesus die mag gee om Satan te vernietig (Romeine 16:20). Dan sal God oor die mensdom heers en hulle herstel tot die lewe van geluk en vrede wat hy oorspronklik wou hê hulle moet geniet.—Lees Openbaring 21:3-5.