Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 VOORBLADONDERWERP | LEUENS WAT DIT MOEILIK MAAK OM GOD LIEF TE HÊ

Die stryd om God lief te hê

Die stryd om God lief te hê

“‘Jy moet Jehovah jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ Dit is die grootste en eerste gebod.”Jesus Christus, 33 HJ. *

Dit is vir party mense moeilik om God lief te hê. Hulle meen dat God onbegryplik, afsydig of selfs wreed is. Kyk wat party hieroor sê:

  • “Hoewel ek God in gebed gevra het om my te help, het dit gevoel asof hy baie ver van my af is, asof hy feitlik onbereikbaar is. God was vir my ’n abstrakte wese sonder gevoelens.”—Marco, Italië.

  • “Ek wou God baie graag dien, maar dit het gevoel asof ek nie na aan hom kan kom nie. Ek het gedink dat hy ’n ongevoelige God is wat net straf uitdeel. Ek het nie geglo dat hy tere gevoelens het nie.”—Rosa, Guatemala.

  • “As kind het ek gedink dat God na ons foute soek en net regstaan om ons te straf as ons dit verdien. Later het ek gedink dat hy afsydig is. God was vir my soos ’n eerste minister wat in beheer is van die aangeleenthede van die mense onder sy leierskap—maar wat nie werklik in hulle belangstel nie.”—Raymonde, Kanada.

Wat dink jy? Is dit onmoontlik om God lief te hê? Christene vra al eeue lank hierdie vraag. Gedurende die Middeleeue het die meeste mense wat in Christelike lande gewoon het, nie eens tot God die Almagtige gebid nie. Waarom nie? Mense het ’n morbiede vrees vir hom gehad. Die geskiedskrywer Will Durant het dit so gestel: “Hoe kon ’n eenvoudige sondaar dit waag om tot so ’n skrikwekkende en afsydige [God] te bid?”

Waarom het mense God as ’n “skrikwekkende en afsydige” wese begin beskou? Wat leer die Bybel werklik oor God? Sal dit vir jou makliker wees om God lief te hê as jy die waarheid oor hom leer?