Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Antwoorde op Bybelvrae

Antwoorde op Bybelvrae

Is daar hoop vir die dooies?

Die dood kan met slaap vergelyk word omdat die dooies van niks bewus is nie en niks kan doen nie. Maar die Skepper van lewe kan die dooies deur middel van ’n opstanding weer lewend maak. Om dit te bewys, het God aan Jesus die vermoë gegee om verskeie mense wat gesterf het, op te wek.—Lees Prediker 9:5; Johannes 11:11, 43, 44.

In watter sin is die dood soos slaap?

God het belowe dat die dooies wat in sy geheue is, opgewek sal word tot lewe in ’n regverdige nuwe wêreld. Diegene wat opgewek gaan word, sal dood bly totdat God hulle weer lewe gee. God die Almagtige smag daarna om sy krag te gebruik om die dooies weer lewend te maak.—Lees Job 14:14, 15.

Hoe sal die opstanding wees?

Wanneer God mense opwek, sal hulle hulleself, hulle vriende en hulle familie kan herken. Hoewel ’n persoon se liggaam ontbind, kan God daardie selfde persoon met ’n nuwe liggaam opwek.—Lees 1 Korintiërs 15:35, 38.

Betreklik min mense word opgewek tot lewe in die hemel (Openbaring 20:6). Die meeste mense wat ’n opstanding kry, sal opgewek word tot lewe in ’n herstelde paradys op aarde. Hulle sal ’n nuwe begin kan maak, met die vooruitsig om vir ewig te lewe.—Lees Psalm 37:29; Handelinge 24:15.