Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Kan jy godsdiens vertrou wanneer dit kom by oorlog?

Kan jy godsdiens vertrou wanneer dit kom by oorlog?

Alberto was byna tien jaar lank in die weermag. Hy vertel: “Ons kapelaan het ons geseën en gesê: ‘God is met julle.’ Maar ek het gedink: ‘Ek is op pad om mense te gaan doodmaak, maar die Bybel sê: “Jy mag nie moord pleeg nie.”’”

Ray was gedurende die Tweede Wêreldoorlog in die vloot. Hy het die kapelaan eenkeer gevra: “U kom aan boord en bid vir die soldate en vir oorwinning. Doen die vyand dit nie ook nie?” Die kapelaan het geantwoord dat die Here se weë ’n verborgenheid is.

As hierdie antwoord jou nie tevrede stel nie, is jy nie alleen nie.

WAT LEER DIE BYBEL?

Jesus het gesê dat een van God se belangrikste gebooie is dat ‘jy jou naaste moet liefhê soos jouself’ (Markus 12:31). Het Jesus gesê dat ons ons naaste nie hoef lief te hê as hulle op ’n sekere plek woon of aan ’n sekere nasie behoort nie? Nee. Hy het vir sy dissipels gesê: “Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het” (Johannes 13:34, 35). Hulle liefde vir mekaar sou so merkwaardig wees dat dit ’n identifiserende kenmerk sou wees. Hulle sou eerder hulle lewe vir mekaar gee as om ander se lewe te neem.

Die vroeë Christene het in ooreenstemming met Jesus se woorde gelewe. The Encyclopedia of Religion sê: “Die vroeë kerkvaders, met inbegrip van Tertullianus en Origines, het bevestig dat Christene geglo het dat hulle nie ’n menselewe mag neem nie, ’n beginsel wat hulle daarvan weerhou het om by die Romeinse leër aan te sluit.”

WAT VAN JEHOVAH SE GETUIES?

Jehovah se Getuies word in feitlik elke land gevind. As daar ’n geskil tussen twee nasies is, sal daar dus Getuies in albei nasies wees. Maar hulle streef daarna om liefde as hulle identifiserende kenmerk te behou.

Het godsdiensleiers mense ware Christelike liefde geleer?

Gedurende die etniese konflik tussen die Hutu’s en die Tutsi’s in Rwanda in 1994 het Jehovah se Getuies byvoorbeeld heeltemal neutraal gebly. Getuies van die een stam het Getuies van die ander stam weggesteek, waardeur hulle dikwels hulle eie lewe in gevaar gestel het. Toe twee Hutu-Getuies wat hulle Tutsi-broers weggesteek het, gevang is, het die Hutu’s se Interahamwe-burgermag gesê: “Julle moet sterf omdat julle die Tutsi’s gehelp het om weg te kom.” Ongelukkig is die twee Hutu-Getuies toe doodgemaak.—Johannes 15:13.

Wat dink jy: Tree Jehovah se Getuies op in ooreenstemming met Jesus se woorde oor selfopofferende liefde?