Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

2. Lees met ’n oop gemoed

2. Lees met ’n oop gemoed

Hoe jy die Bybel kan verstaan

2. Lees met ’n oop gemoed

Het ’n vriend al ooit vir jou iets negatiefs vertel van iemand wat jy nog nooit ontmoet het nie? Het jy, toe jy uiteindelik die persoon ontmoet het, gevind dat jou vriend se aanmerkings jou vermoë belemmer het om die persoon se talente en goeie eienskappe raak te sien? Iets soortgelyks kan gebeur wanneer dit by die Bybel kom.

DIE apostel Paulus het gewaarsku oor wat kan gebeur as ons die Bybel nie met ’n oop gemoed lees nie. Aangaande sommige Jode in sy dag het Paulus geskryf: “Ek getuig van hulle dat hulle ’n ywer vir God het; maar nie ooreenkomstig juiste kennis nie.”—Romeine 10:2.

Party van daardie eerste-eeuse Jode was onwillig om ’n waarheid te aanvaar wat die Hebreeuse Geskrifte duidelik geopenbaar het: die identiteit van die Messias. Jesus van Nasaret het aan elke skriftuurlike vereiste voldoen, elke profesie vervul. Tog het ’n onbuigsame stel vooropgesette menings verhinder dat baie van sy landgenote God se Woord verstaan.

Wat kan ons uit hierdie ondervinding leer? Dit is belangrik om die Bybel met ’n oop gemoed te lees. ’n Sluier van vooroordeel of vooropgesette menings kan ’n leser verhinder om Bybelwaarheid te verstaan.

Byvoorbeeld, ’n professor in die godsdienswetenskap in Noord-Carolina, VSA, beskryf die Bybel as “’n streng menslike boek, met streng menslike oogpunte, waarvan baie van mekaar verskil en nie een die onfeilbare leiding voorsien oor hoe ons behoort te lewe nie”. Sou ’n persoon wat die Bybel as “’n streng menslike boek” lees, nie geneig wees om die leiding of beginsels te verwerp wat hom nie pas nie?

In teenstelling hiermee spoor die Bybel ons aan om dit ywerig te bestudeer. Die Skrif sê van die Bereane in Paulus se dag: “Hulle het die woord met die grootste gretigheid van verstand ontvang en die Skrif elke dag sorgvuldig ondersoek of hierdie dinge so was” (Handelinge 17:11). Net soos hierdie lesers moet jy dalk enige sluier van vooroordeel of kritiek uit die weg ruim wat jou begrip kan belemmer. Lees God se Woord met ’n oop gemoed, gretig om die Outeur se opwindende boodskap te ontdek.