Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onthou jy?

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring goed deurgelees? Kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

Watter vier dinge kan ons doen om beter te sing?

Ons moet regop staan deur ons sangboek hoog te hou. Ons moet reg asemhaal. Wanneer ons ons mond wyd oopmaak en uit volle bors sing, sal ons harder kan sing. — w17.11, bl. 5.

Wat behoort ons te beïndruk omtrent die ligging van die vrystede in Israel en die paaie wat daarheen gelei het?

Daar was ses vrystede regoor die land versprei, met goeie paaie wat daarheen gelei het. Daarom kon ’n persoon redelik vinnig en maklik na ’n vrystad vlug. — w17.11, bl. 14.

Hoekom is God se geskenk van die losprys deur Jesus die heel beste geskenk wat ons ooit kon ontvang?

Dit maak dit vir ons moontlik om vir ewig te lewe, en dit bevry ons van sonde en die dood, iets wat ons almal graag wil hê. Uit liefde vir Adam se nageslag het Jehovah sy Seun, Jesus, vir ons voorsien terwyl ons nog sondaars was. — wp17.6, bl. 6-7.

Hoe het Psalm 118:22 voorspel dat Jesus uit die dood opgewek sou word?

Jesus is as die Messias verwerp en doodgemaak. Daarom moes hy opgewek word om die “die hoof van die hoek” te kon word. — w17.12, bl. 9-10.

Het die geslagslyn wat tot die Messias gelei het, altyd met die eersgeboortereg verband gehou?

Partykeer het die geslagslyn wat tot Jesus gelei het, deur die eersgebore seun gekom, maar nie altyd nie. Dawid was nie Isai se eersgebore seun nie, maar tog was die Messias ’n nakomeling van Dawid. — w17.12, bl. 14-15.

Wat is ’n paar mediese beginsels wat ons in die Bybel kry?

Volgens die Wet moes mense met sekere siektes eenkant gehou word. Mense moes hulle hande was nadat hulle aan ’n lyk geraak het. Die Wet het vereis dat daar behoorlik van riool ontslae geraak moet word. Besnyding moes op die agtste dag plaasvind. Dit is die beste tyd om dit te doen, want dan het ’n baba se bloed die vermoë om behoorlik te stol. — wp18.1, bl. 7.

Hoekom moet ’n Christen homself tot ’n mate liefhê?

Ons moet ons naaste liefhê soos onsself (Mark. 12:31). Mans behoort “hulle vrouens lief te hê soos hulle eie liggaam” (Ef. 5:28). Maar ons moet natuurlik versigtig wees om onsself nie te veel lief te hê nie. — w18.01, bl. 23.

Wat is ’n paar dinge wat ons kan doen om geestelik te groei?

Ons moet God se Woord studeer, daaroor nadink en toepas wat ons leer. Ons moet toelaat dat die heilige gees ons lei en bereid wees om ander se hulp te aanvaar. — w18.02, bl. 26.

Hoekom kan astrologie en waarsêery ons nie help om te weet wat in die toekoms gaan gebeur nie?

Daar is verskillende redes, maar die belangrikste rede is dat albei hierdie gebruike volgens die Bybel verkeerd is. — wp18.2, bl. 4-5.

Wat moet ons doen as ons ’n uitnodiging na ’n ete aanvaar het?

As ons ’n uitnodiging aanvaar het, moet ons probeer om ons woord te hou (Ps. 15:4). Ons moenie onnodig kanselleer nie. Die persoon het dalk baie moeite gedoen met die ete. — w18.03, bl. 18.

Watter lesse kan aangestelde manne by Timoteus leer?

Timoteus het werklik vir mense omgegee, en hy het geestelike dinge eerste gestel. Hy het hard gewerk in heilige diens en die lesse wat hy geleer het, toegepas. Hy het op sy eie bly oefen om sy vaardighede te verbeter, en hy het op Jehovah se gees vertrou. Ouer manne en ander kan sy voorbeeld navolg. — w18.04, bl. 13-14.