DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE Junie 2017

Hierdie nommer bevat die studieartikels vir 31 Julie tot 27 Augustus 2017.

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring gelees? Kyk hoeveel Bybelvrae kan jy beantwoord.

Jehovah vertroos ons in al ons verdrukking

Wat is van die probleme wat Christene in die huwelik en in hulle gesinslewe kan ondervind? En hoe kan jy vertroosting by God kry as jy sulke probleme ondervind?

Soek na geestelike skatte

Watter skatte moet ons bewaar, en hoe kan ons dit doen?

Preek jy vir alle soorte mense?

Wat het gebeur toe een van Jehovah se Getuies geduldig met ’n hawelose man gepraat het wat onbeskof was?

Sal jy geskille oplos en vrede maak?

Mense smag na vrede. Maar as mense trots is of voel dat hulle bedreig word, is hulle nie meer so vredeliewend nie. Hoe kan jy dit vermy?

“Mag jou verstandigheid geseënd wees”

Dawid het Abigail met hierdie woorde geprys. Waarom het hy haar geprys, en wat kan ons uit haar voorbeeld leer?

Moenie die groot geskil vergeet nie

Wat is die groot geskil? Waarom is dit vir ons belangrik?

Ondersteun Jehovah se soewereiniteit!

Hoe beïnvloed dit jou lewe as jy Jehovah as die regmatige soewerein van die heelal erken?

Het jy geweet?

Waarom het Jesus die handelaars wat diere in die tempel verkoop het “rowers” genoem?