DIE WAGTORING – STUDIE-UITGAWE Februarie 2017

Hierdie nommer bevat die studieartikels vir 3-30 April 2017.

Jehovah se voorneme sal vervul word!

Wat was God se oorspronklike voorneme met die aarde en die mensdom? Wat het verkeerd geloop? Waarom is Jesus se losprysoffer uiters belangrik in die vervulling van God se voorneme?

Die losprys—’n “Volmaakte geskenk” van die Vader

Die losprys maak wonderlike seëninge moontlik en hou verband met sake van universele belang.

LEWENSVERHAAL

Ons het God se onverdiende goedhartigheid op baie maniere ondervind

Douglas en Mary Guest het God se onverdiende goedhartigheid ondervind as pioniers in Kanada en as sendelinge in Brasilië en Portugal.

Jehovah lei sy volk

In die ou tyd het Jehovah mense gebruik om sy volk te lei. Watter bewyse is daar dat hy daardie mense gebruik het?

Wie lei God se volk vandag?

Jesus het belowe dat hy tot aan die voleinding van die stelsel van dinge saam met sy volgelinge sal wees. Hoe lei hy God se volk op die aarde vandag?

Vrae van lesers

Die apostel Paulus het geskryf dat God ‘nie sal toelaat dat julle versoek word bo wat julle kan verdra nie’. Beteken dit dat Jehovah vooraf bepaal wat ons kan verdra en dan die beproewinge kies wat ons sal ondervind?

UIT ONS ARGIEF

‘Geen pad is te ongelyk of te lank nie’

Tydens die laat 1920’s en vroeë 1930’s was ywerige pioniers vasbeslote om die goeie nuus van God se Koninkryk in die uitgestrekte Australiese agterveld te verkondig.