Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | WAT IS DIE HEEL BESTE GESKENK?

“Dit is die beste geskenk wat ek nog ooit gekry het”

“Dit is die beste geskenk wat ek nog ooit gekry het”

Dit is hoe ’n 13-jarige meisie gevoel het toe sy ’n hondjie as ’n troeteldier gekry het. ’n Suksesvolle sakevrou het gesê dat ’n rekenaar wat haar pa haar gegee het toe sy op hoërskool was, ’n geskenk is wat haar lewe verander het. En ’n pasgetroude man het gedink dat die kaartjie wat sy vrou vir hulle eerste huweliksherdenking gemaak het, die beste geskenk is wat hy nog ooit ontvang het.

Elke jaar spandeer baie mense tyd en energie om na die “beste” geskenk vir ’n vriend of ’n familielid te soek wanneer daar ’n spesiale geleentheid is. En die meeste mense sal graag wil hoor dat die persoon sê dat dit die beste geskenk nog ooit is. Wat van jou? Wil jy graag geskenke gee en ontvang wat regtig waardeer word?

Om geskenke te gee of te ontvang, is baie lekker. Dit maak nie net die persoon wat dit ontvang, gelukkig nie, maar dit laat die persoon wat die geskenk gee, ook goed voel. Die Bybel sê: “Dit verskaf groter geluk om te gee as om te ontvang” (Handelinge 20:35). Dit kan ’n mens nog gelukkiger maak as die persoon wat die geskenk ontvang, dit baie waardeer.

Hoe kan jy dan seker maak dat die geskenke wat jy gee, jou en die persoon vir wie jy dit gee, regtig gelukkig sal maak? En as dit nie moontlik is om die “beste” geskenk te gee nie, wat kan jy doen sodat jou geskenk regtig waardeer word?