Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Onder God se Koninkryk sal mense “hulle inderdaad verlustig in die oorvloed van vrede”.—Psalm 37:11

Wat sê die Bybel?

Wat sê die Bybel?

Kan die Bybel jou help om stres te hanteer?

Wat sou jy sê?

  • Ja

  • Nee

  • Miskien

Wat die Bybel sê

‘Werp al julle sorge op [God], want hy sorg vir julle’ (1 Petrus 5:7). Die Bybel verseker jou daarvan dat God jou kan help om minder stres te hê.

Wat kan ons nog uit die Bybel leer?

  • Wanneer jy bid, kan jy “die vrede van God” verkry wat jou stres sal verminder. —Filippense 4:6, 7.

  • Wanneer jy God se Woord lees, kan dit jou ook help om stres beter te hanteer. —Matteus 11:28-30.

Sal stres ooit iets van die verlede wees?

Party glo . . . dat stres en bekommernisse deel van die lewe is. Ander glo weer dat dit eers sal verdwyn in die lewe ná die dood. Wat dink jy?

Wat die Bybel sê

God sal die oorsake van stres wegvat. “Die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie.”—Openbaring 21:4.

Wat kan ons nog uit die Bybel leer?