Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat sê die Bybel?

Wat sê die Bybel?

Sal daar ooit ware geregtigheid op die aarde wees?

Wat sou jy sê?

  • Ja

  • Nee

  • Miskien

Wat die Bybel sê

“Ek weet goed dat Jehovah die wettige eis van die geteisterde, die reg van die armes, sal behartig” (Psalm 140:12). Onder God se Koninkryk sal daar ware geregtigheid op die aarde wees.

Wat kan ons nog uit die Bybel leer?

  • God sien die ongeregtigheid wat nou op die aarde plaasvind, en hy sal dit regstel.—Prediker 5:8.

  • God se geregtigheid sal vrede en veiligheid op die aarde moontlik maak.—Jesaja 32:16-18.

Gee God meer om vir een groep mense as vir ’n ander?

Party mense glo dat God spesifieke groepe mense geseën of vervloek het. Ander glo weer dat God almal dieselfde behandel. Wat dink jy?

Wat die Bybel sê

“God [is] nie partydig . . . nie, maar in elke nasie is die mens wat hom vrees en regverdigheid beoefen, vir hom aanneemlik” (Handelinge 10:34, 35). In God se oë is alle mense gelyk.

Wat kan ons nog uit die Bybel leer?

  • Die Bybel het “goeie nuus” vir “elke nasie en stam en taal en volk”.—Openbaring 14:6.