Wanneer ’n huweliksmaat ontrou is
ONTROUHEID in die huwelik kan ’n mens verpletter. Dit is wel vir party huweliksmaats moontlik om ’n berouvolle maat te vergewe en hulle verhouding weer te versterk. * Maar ongeag of die huwelik voortgaan of beëindig word, dié wat uitvind dat hulle huweliksmaat ontrou was, ondervind altyd intense pyn. Hoe kan hulle hierdie emosionele pyn verwerk?
BYBELVERSE WAT KAN HELP
Al is dit vir die onskuldige huweliksmaat moeilik om die hartseer te verwerk, het baie al vertroosting in die Bybel gevind. Hulle het geleer dat God hulle trane sien en hulle pyn voel. – Maleagi 2:13-16.
“Toe my verontrustende gedagtes binne-in my baie geword het, het u vertroostinge my siel begin streel.” – Psalm 94:19.
“Terwyl ek hierdie vers gelees het, het ek my voorgestel hoe Jehovah my pyn saggies wegstreel, soos ’n liefdevolle pa”, sê Bill.
“Met iemand wat lojaal is, sal u lojaal handel.” – Psalm 18:25.
“My man was nie lojaal nie”, vertel Carmen, wie se man maande lank ontrou was. “Maar ek het geweet dat Jehovah altyd lojaal sal wees. Hy sal my nooit in die steek laat nie.”
“Moet julle oor niks kwel nie, maar laat julle versoeke in alles deur gebed en smeking . . . by God bekend word; en die vrede van God wat alle denke te bowe gaan, sal julle harte . . . bewaak.” – Filippense 4:6, 7.
“Ek het hierdie vers oor en oor gelees”, sê Sasha. “Ek het al hoe meer gebid, en God het my vrede gegee.”
Almal wat hierbo aangehaal word, wou soms moed opgee. Maar hulle het op Jehovah God vertrou en toegelaat dat sy Woord hulle versterk. Bill sê: “My geloof het my lewe betekenisvol gemaak toe dit gevoel het asof my wêreld uitmekaargeval het. Al was ek ’n tyd lank ‘in die vallei van diep skaduwee’, was God met my.” – Psalm 23:4.
^ Vir ’n bespreking oor vergifnis wanneer ’n huweliksmaat ontrou is, sien die reeks “Wanneer ’n huweliksmaat ontrou is”, in die Ontwaak! van 22 April 1999.