Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

’n Aardse paradys wag op diegene wat die laaste dae sal oorleef

Wat sê die Bybel?

Wat sê die Bybel?

Lewe ons in “die laaste dae”?

Wat sou jy sê?

  • Ja

  • Nee

  • Miskien

Wat die Bybel sê

“In die laaste dae [sal daar] kritieke tye . . . wees wat moeilik is om deur te kom” (2 Timoteus 3:1). Bybelprofesieë, tesame met huidige gebeure, identifiseer die tyd waarin ons lewe as “die laaste dae”.

Wat kan ons nog uit die Bybel leer?

  • Die laaste dae sal gekenmerk word aan oorloë, hongersnode, aardbewings en dodelike siektes.—Matteus 24:3, 7; Lukas 21:11.

  • Gedurende die laaste dae sal die mensegemeenskap sedelik en geestelik erg agteruitgaan.—2 Timoteus 3:2-5.

Wat hou die toekoms vir die mensdom in?

Party mense glo . . . dat die laaste dae tot ’n einde sal kom wanneer die aarde en alle mense vernietig word, terwyl ander hoop dat omstandighede sal verbeter. Wat dink jy?

Wat die Bybel sê

“Die regverdiges sal die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop woon.”Psalm 37:29.

Wat kan ons nog uit die Bybel leer?

  • Die laaste dae sal tot ’n einde kom wanneer alle goddeloosheid weggeneem word.—1 Johannes 2:17.

  • Die aarde sal in ’n paradys omskep word.—Jesaja 35:1, 6.