Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 HULP VIR DIÉ WAT TREUR

Die beste hulp vir dié wat treur

Die beste hulp vir dié wat treur

IN DIE AFGELOPE TYD IS DAAR BAIE NAVORSING GEDOEN OOR DIE PYN WAT ’N MENS VOEL WANNEER ’N VRIEND OF FAMILIELID STERF. Maar soos ons vroeër in hierdie tydskrif gesien het, gaan die beste professionele raad hand aan hand met die raad in die Bybel. Dit is duidelik dat die Bybel vol wysheid is en dat die raad daarin nooit oud word nie. Maar die Bybel is meer as net ’n boek met goeie raad. Dit het ook inligting wat nêrens anders gevind kan word nie, en dit kan dié wat treur, baie vertroos.

  • Die versekering dat ons geliefdes wat gesterf het, geen pyn of lyding ervaar nie

    ‘Die dooies is bewus van hoegenaamd niks,’ sê die Bybel in Prediker 9:5. Hulle ‘gedagtes vergaan’ (Psalm 146:4). En daarom sê die Bybel dat ’n persoon wat gesterf het, rustig slaap. — Johannes 11:11.

  • Vertroosting omdat ons sterk geloof het in ’n liefdevolle God

    Die Bybel sê in Psalm 34:15: “Die oë van Jehovah * is op die regverdiges, en sy ore is tot hulle hulpgeroep.” Wanneer ons vir God in gebed sê hoe ons voel, is dit meer as net goeie terapie of ’n manier om ons gedagtes agtermekaar te kry. Dit help ons eintlik om ’n goeie vriend van ons Skepper te word, en hy kan sy krag gebruik om ons te vertroos.

  • ’n Beter toekoms om na uit te sien

    Kan jy jou voorstel hoe wonderlik dit sal wees wanneer almal wat in die graf is, weer sal lewe hier op aarde? Die Bybel praat baie van so ’n tyd en beskryf hoe dinge in die toekoms op die aarde gaan wees. Dit sê God sal “elke traan van [ons] oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie.” — Openbaring 21:3, 4.

Mense wat glo in Jehovah, die God van die Bybel, het die hoop om hulle geliefdes wat gesterf het, weer te sien. Hierdie hoop gee hulle die krag om die pyn en hartseer te hanteer. Byvoorbeeld, Ann, wat 65 jaar met haar man getroud was toe hy oorlede is, sê: “Die Bybel verseker my dat ons geliefdes wat gesterf het, geen pyn of lyding ervaar nie en dat God almal wat in sy geheue is, gaan opwek. Hierdie positiewe gedagtes kom elke keer by my op wanneer ek dink aan wat ek verloor het. Al was dit die ergste ding wat nog ooit met my gebeur het, help hierdie hoop my om nie op te gee nie!”

Tiina, wat vroeër in hierdie tydskrif genoem is, sê: “Vandat Timo gesterf het, het ek gevoel hoe God my ondersteun. Ek het gevoel hoe Jehovah my hand styf vashou en my deur hierdie moeilike tyd help. En ek glo met my hele hart dat daar ’n opstanding gaan wees, net soos die Bybel belowe. Dit gee my die krag om aan te gaan totdat ek vir Timo weer sien.”

Dit is presies hoe miljoene mense voel wat oortuig is dat hulle die Bybel kan vertrou. Klink die Bybel se beloftes vir jou dalk onrealisties of net te goed om waar te wees? Doen jouself ’n guns en vind uit of die raad en beloftes in die Bybel vertrou kan word. Heel moontlik sal jy vind dat die Bybel die beste hulp is vir dié wat treur.

VIND MEER UIT OOR DIE HOOP VIR DIE DOOIES

Kyk na video’s hieroor op ons webwerf, jw.org/af

Die Bybel belowe dat ons in die toekoms ons geliefdes wat gesterf het, terug sal verwelkom

 WAT IS DIE TOESTAND VAN DIE DOOIES?

Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? Die Bybel se duidelike antwoord sal jou vertroos en gerusstel

Kyk onder PUBLIKASIES > VIDEO’S (Videokategorie: Die Bybel)

WIL JY GRAAG GOEIE NUUS HOOR?

Daar is soveel slegte nuus, maar waar kan jy goeie nuus kry? Hierdie video lei die brosjure in Goeie nuus wat van God kom!

Kyk onder PUBLIKASIES > VIDEO’S (Videokategorie: Ons vergaderinge en bediening)

^ par. 7 Die Bybel leer dat God se persoonlike naam Jehovah is.