Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 VOORBLADONDERWERP | DIE WAARHEID OOR SLEGTE GEESTE

Is jy nuuskierig oor bonatuurlike dinge?

Is jy nuuskierig oor bonatuurlike dinge?

“Weg met vampiere, weerwolwe en zombies—demone is nou die in ding.”—The Wall Street Journal.

TOWENAARS jonk en oud, verleidelike hekse en aantreklike vampiere—dit is maar net ’n paar van die bonatuurlike karakters waarvan boeke, flieks en videospeletjies nou vol is. Hoekom is dit so gewild? *

Die sosiologie professor Claude Fischer sê: “In onlangse dekades het al hoe meer mense aan spoke begin glo, van een uit tien Amerikaners tot een uit drie. En omtrent twee keer soveel jongmense as ouer Amerikaners sê dat hulle al iemand gaan sien het om hulle toekoms te voorspel en dat hulle aan spoke en spookhuise glo.”

Geen wonder nie dat daar nou weer soveel stories gehoor word oor slegte geeste wat mense se liggame oorneem. Michael Calia het in The Wall Street Journal geskryf: “Die stories oor zombies, weerwolwe en vampiere van die afgelope tien jaar het daartoe gelei dat stories oor demone wat mense se liggame oorneem nou so gewild is.”

Volgens een verslag “glo 25 tot 50 persent mense regoor die wêreld aan spoke, en in die meeste kulture is spoke ’n gewilde onderwerp in boeke”. Nog ’n opname wat in die Verenigde State gedoen is deur Christopher Bader en Carson Mencken, professors in sosiologie, “het gewys dat ’n skokkende 70 tot 80 persent van Amerikaners sterk glo aan bonatuurlike dinge”.

Is bonatuurlike dinge en kontak met geeste net onskuldige pret of is dit gevaarlik?

^ par. 4 Bonatuurlike: Iets wat “nie deur die wetenskap of die wette van die natuur verduidelik kan word nie”.—Merriam-Webster’s Learner’s Dictionary.