Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 VOORBLADONDERWERP | TRAGIESE GEBEURTENISSE—HOE JY DIT KAN VERWERK

Verlies van besittings

Verlies van besittings

Op Vrydag 11 Maart 2011 is Japan getref deur ’n aardbewing van 9,0 op die Richterskaal, wat meer as 15 000 lewens geëis en skade van oor die R2 biljoen aangerig het. Toe die 32-jarige Kei gewaarsku is dat ’n tsoenami op pad is, het hy na ’n hoërliggende gebied gevlug. “Die volgende oggend het ek teruggegaan huis toe om te kyk of daar iets oor is”, sê hy, “maar die see het alles weggespoel, ook my woonstel. Al wat oor was, was die fondasie.

“Ek het eers later besef dat ek nie net ’n paar besittings verloor het nie, maar dat my hele omgewing weg was. Alles was weg—my motor; die rekenaars wat ek vir my werk gebruik het; die tafels, stoele en bank vir my gaste; my klawerbord, kitaar, ukulele en fluit; die toerusting wat ek gebruik het vir skilderwerk met waterverf, olieverf en pastelle; al my skilderye en sketse.”

HOE OM DIE TRAGEDIE TE VERWERK

Probeer om eerder te konsentreer op wat jy nog het as op wat jy verloor het. Die Bybel sê: “Selfs wanneer iemand oorvloed het, spruit sy lewe nie voort uit die dinge wat hy besit nie” (Lukas 12:15). Kei vertel van sy situasie: “Eers het ek ’n lys gemaak van wat ek wou hê, maar dit het my net herinner aan alles wat weggespoel is. Ek het besluit om net neer te skryf wat ek werklik nodig het, en ek het die lys bygewerk wanneer ek van die nodige dinge gekry het. Hierdie lys het my gehelp om weer aan die gang te kom.”

Moenie selfbehep raak nie, gebruik jou ondervinding eerder om ander te vertroos. “Ek het baie hulp ontvang van noodlenigingsorganisasies sowel as van vriende, maar omdat ek heeltyd ontvang het, het ek my selfrespek begin verloor”, sê Kei. “Toe het ek gedink aan wat die Bybel in Handelinge 20:35 sê: ‘Dit verskaf groter geluk om te gee as om te ontvang.’ Aangesien ek op materiële gebied nie veel kon gee nie, het ek besluit om ander slagoffers van die ramp met my woorde aan te moedig. Om op hierdie manier te gee, het my baie gehelp.”

Bid tot God vir praktiese wysheid om jou omstandighede die hoof te bied. Kei het sy vertroue gestel in die Bybel se versekering dat God hom sal “wend tot die gebed van dié wat alles ontneem is” (Psalm 102:17). Jy kan dieselfde doen.

Het jy geweet? Die Bybel voorspel ’n tyd wanneer niemand hom daaroor sal hoef te bekommer dat hy sy besittings in ’n natuurramp sal verloor nie. *Jesaja 65:21-23.

^ par. 9 Om te leer wat God se voorneme met die aarde is, sien hoofstuk 3 van die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.