Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LANDE EN VOLKE

’n Besoek aan Ierland

’n Besoek aan Ierland

DIE “Smarageiland” bestaan uit twee lande: die groter land is die onafhanklike Republiek van Ierland en die kleiner land is Noord-Ierland, wat deel uitmaak van die Verenigde Koninkryk.

Giant’s Causeway

Ierland word die Smarageiland genoem omdat die hoë reënval ’n helder groen landskap tot gevolg het. Pragtige mere en riviere, hooglande aan die kus en golwende heuwels dra by tot die natuurskoon.

’n Grasdakhuis

Die mense van Ierland het al baie ontberinge deurgemaak. Byvoorbeeld, volgens skatting het ongeveer ’n miljoen mense tussen 1845 en 1851 van verhongering en siekte gesterf toe die aartappeloeste weens laatroes misluk het. Om volslae armoede te vermy, het baie mense na lande soos Australië, Brittanje, Kanada en die Verenigde State geëmigreer. Vandag is daar sowat 35 miljoen Amerikaners wat van Ierse herkoms is.

Die Iere is bekend vir hulle hartlikheid en gasvryheid. Hulle is baie lief vir perdry en spansport, soos krieket, rugby, sokker (wat hulle voetbal noem) en Gaeliese voetbal (wat soortgelyk is aan sokker). Veral  vroue geniet ’n spansport wat camogie genoem word en soortgelyk is aan hokkie.

Die mense van Ierland hou ook van gesels en is lief vir musiek. Ierse stapdanse is wêreldberoemd. Dansers voer vinnige en presiese bewegings met hulle voete uit terwyl hulle hulle bolyf regop hou.

’n Ierse orkes

Jehovah se Getuies is al meer as honderd jaar in Ierland. Daar is nou meer as 6 000 Getuies in die land, en hulle span hulle in om ander die Bybel te leer.

In tradisionele Ierse musiek word instrumente soos dié hieronder gebruik, van links na regs: die Keltiese harp, die Ierse doedelsak, die viool, die trekklavier, die blikfluit en die bodhran (trom)

HET JY GEWEET?

Die Giant’s Causeway, aan die noordkus van Noord-Ierland, bestaan uit duisende kalksteenpilare wat gevorm is toe lawastrome lank gelede afgekoel het toe dit in die see ingeloop het.