Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Van ons lesers

Van ons lesers

Van ons lesers

Slagoffers van marteling Baie dankie dat julle die artikel “Hulp vir slagoffers van marteling” (8 Januarie 2000) gepubliseer het. Die diepte van insig en empatie daarin het my gehelp om die inligting op my eie persoonlike probleme toe te pas.

B. R., Verenigde State

Ek het ’n boodskap van een van my vriende ontvang. Hy het net gesê: ‘Die artikel is oor my. Lees dit asseblief.’ Hierdie nota het my hartseer gemaak, aangesien hy die een was wat in die vroeë sewentigerjare die Bybel met my gestudeer het. Ek het geen benul gehad dat hy ’n slagoffer was nie. Ek was verlig dat julle ’n openhartige bespreking gepubliseer het oor die emosionele pyn van slagoffers oor die hele wêreld wat weens die toedoen van ander gely het.

L. W., Verenigde State

Onvergeetlike lied Dankie vir die kort artikel “’n Lied wat sy onthou het” (22 Desember 1999). Hierdie pragtige lied bring inderdaad lof tot Jehovah en beweeg ’n mens tot trane. Franz Schubert was nie bang om Jehovah se luisterryke naam te gebruik nie.

K. C., Verenigde State

Vir die inligting van ons lesers, hoewel die lied “Die Allmacht” (Opus 79, Nr. 2), godsdienstig van aard is, was dit nie vir kerkgebruik geskryf nie. Na bewering het Schubert dit gekomponeer omdat hy in Oostenryk diep getref is deur die prag van die berge.—RED.

Ontwerp in die natuur Ek lees die Ontwaak! al meer as 30 jaar lank, maar ek voel ek moet eenvoudig my dankbaarheid uitspreek vir die reeks “Lewe—’n Produk van ontwerp” (22 Januarie 2000). Wetenskaplike onderwerpe interesseer my gewoonlik nie, maar hierdie artikels was maklik om te lees en het my geboei.

T. E., Verenigde State

Die artikels het my liefde en waardering vir Jehovah vergroot. Nou kan ek sien dat ewige lewe in die Paradys nooit vervelig sal wees nie. Daar sal altyd wonderlike dinge wees om aangaande ons Skepper te ontdek. Ons sal nooit ophou leer nie.

J.R.A., Brasilië

Dit lyk of daar ’n fout op bladsy 7 is wat die vlieg se ratkas bespreek. Het julle bedoel om te sê dat ‘dit vlerke aan vlerke koppel’?

P. S., Verenigde State

Nee, ons het nie. Verskoon asseblief ons fout. Ons wou sê dat dit ’n “enjin” aan vlerke koppel—die “enjin” verwys na die spiere in die borsstuk wat die vlerke aandryf.—RED.

Ek werk al baie jare in die navorsingsafdeling van ’n groot rekenaarmaatskappy, en ek het belanggestel in die aanwending van ontwerpe wat ons in die natuur vind. Maar ek was nie daarvan bewus dat daar nou ’n spesifieke vertakking van die wetenskap is wat dit bestudeer nie, naamlik biomimetika. Dit is betreurenswaardig dat baie wat by sulke grootskaalse nabootsing van die natuur betrokke is heel waarskynlik nie die eer aan die oorspronklike Ontwerper sal gee nie.

P. G., Verenigde State

Die artikel is besonder goed geskryf. Party van die mense vir wie ek dit gegee het, het baie positiewe opmerkings gemaak oor hoe God alles volmaak kan maak sonder om te besoedel. Danksy julle werk het julle moeilike materiaal maklik gemaak om te lees.

R.D.S., Italië

Gevare op die Internet Die artikel “Jongmense vra . . . Hoe kan ek gevare op die Internet vermy?” (22 Januarie 2000) het ’n uitstekende, gebalanseerde bespreking van die Internet se nuttigheid en gevare aangebied. As iemand wat die Internet elke dag in my werk gebruik, sien ek die gevare voortdurend raak. Hoe belangrik is dit tog om hierdie gevare te vermy!

J. L., Verenigde State