LIED 80
‘Kom ondervind dat Jehovah goed is’
1. Ons diens aan ons God is kosbaar;
ons preek graag oor sy heerskappy.
Ons koop die tyd uit en doen wat ons kan
om meer na die waarheid te lei.
(REFREIN)
Gods Woord versoek ons: ‘Kom ondervind —
ons God, Jehovah, is goed.’
As ons God dien, dan sal hy ons seën,
omdat ons doen wat ons moet.
2. Ryk seëninge en belonings
geniet dié wat God voltyds dien.
Elk’ kneg van God weet, hy sorg vir sy volk;
wat nodig is, sal hy voorsien.
(REFREIN)
Gods Woord versoek ons: ‘Kom ondervind —
ons God, Jehovah, is goed.’
As ons God dien, dan sal hy ons seën,
omdat ons doen wat ons moet.
(Sien ook Mark. 14:8; Luk. 21:2; 1 Tim. 1:12; 6:6.)