Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 79

Leer hulle om standvastig te bly

Kies ’n oudio-opname
Leer hulle om standvastig te bly

(Matteus 28:19, 20)

  1. 1. Dit bring vreugde as ons ander leer

    om Jehovah God te dien.

    Later sien ons hoe hul vord’ring maak

    en hoe God sy hulp voorsien.

    (REFREIN)

    Jehovah, hoor tog ons gebed,

    ons vra dat u op hulle let.

    Ons smeek u gee hul tog die krag om dag ná dag

    standvastig en lojaal te bly.

  2. 2. Elke dag het ons vir hul gebid;

    hul moes teen beproewings stry.

    Met ons hulp het hul Gods Woord leer ken;

    sterk geloof het hul gekry.

    (REFREIN)

    Jehovah, hoor tog ons gebed,

    ons vra dat u op hulle let.

    Ons smeek u gee hul tog die krag om dag ná dag

    standvastig en lojaal te bly.

  3. 3. Dis ons wens dat hul volharding toon

    en aan God gehoorsaam bly.

    Want ons weet dat hy getroues seën

    en hul na die lewe lei.

    (REFREIN)

    Jehovah, hoor tog ons gebed,

    ons vra dat u op hulle let.

    Ons smeek u gee hul tog die krag om dag ná dag

    standvastig en lojaal te bly.