LIED 61
Voorwaarts, Getuies!
1. Moedig, standvastig in hierdie laaste dag,
verdedig Gods knegte die waarheid met hul mag.
Die Duiwel se teenstand is bloedig,
maar deur krag van Jehovah bly hul moedig.
(REFREIN)
Gaan voorwaarts, Getuies, bly moedig en wees sterk!
Geniet nou die voorreg om saam met God te werk!
Vertel nou die nuus van die Koninkryk wat kom
en wat seëninge bring vir die mensdom.
2. Knegte van Jah is nie bang of traag of lui;
die wêreld se guns sal ons nooit probeer verkry.
Ons dien God lojaal en met ywer,
ons aanbidding is vlekkeloos en suiwer.
(REFREIN)
Gaan voorwaarts, Getuies, bly moedig en wees sterk!
Geniet nou die voorreg om saam met God te werk!
Vertel nou die nuus van die Koninkryk wat kom
en wat seëninge bring vir die mensdom.
3. Mense verwerp nou die Koninkryk van God;
hul laster Sy naam en hou aan om dit te spot.
Verdedig nou Sy reputasie;
loof Jehovah in elke stam en nasie.
(REFREIN)
Gaan voorwaarts, Getuies, bly moedig en wees sterk!
Geniet nou die voorreg om saam met God te werk!
Vertel nou die nuus van die Koninkryk wat kom
en wat seëninge bring vir die mensdom.
(Sien ook Eks. 9:16; Fil. 1:7; 2 Tim. 2:3, 4; Jak. 1:27.)