Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 57

Preek vir alle soorte mense

Kies ’n oudio-opname
Preek vir alle soorte mense

(1 Timoteus 2:4)

  1. 1. Ons wil graag soos ons God, Jehovah, wees,

    sy onpartydigheid wil ons ook toon,

    want alle soorte mense moet nou hoor

    dat hy hul met die lewe wil beloon.

    (REFREIN)

    Dis die hart waarna God kyk,

    dis die mens, nie hoe hy lyk.

    Ja, almal word genooi om God te vrees.

    Daarom toon ons ons gee om.

    Ons nooi almal om te kom,

    want God wil hê hul moet sy vriende wees.

  2. 2. Dit maak nie saak waar ons die mense vind,

    of hoe hul lyk wanneer ons hul eers sien.

    Dit is hul hart wat werklik vir God tel;

    hy soek opregtes wat hom graag wil dien.

    (REFREIN)

    Dis die hart waarna God kyk,

    dis die mens, nie hoe hy lyk.

    Ja, almal word genooi om God te vrees.

    Daarom toon ons ons gee om.

    Ons nooi almal om te kom,

    want God wil hê hul moet sy vriende wees.

  3. 3. Ons sien hoe God opregte mense trek,

    hoe hul verander en hul weë laat staan.

    Uit liefde wil ons dus met almal praat,

    met goeie nuus na alle mense gaan.

    (REFREIN)

    Dis die hart waarna God kyk,

    dis die mens, nie hoe hy lyk.

    Ja, almal word genooi om God te vrees.

    Daarom toon ons ons gee om.

    Ons nooi almal om te kom,

    want God wil hê hul moet sy vriende wees.