Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 5

God se wonderbare werke

Kies ’n oudio-opname
God se wonderbare werke

(Psalm 139)

  1. 1. O God, u ken my sit en opstaan;

    my gaan en lê dié het u afgemeet.

    U ondersoek my, ken al my gedagtes;

    als wat ek sê, als wat ek doen,

    is wat u weet.

    En u het reeds voor my geboorte op my gelet,

    my embrio gesien.

    Ja, elke deel was in u boek geskrywe.

    Ek loof u werke, ek wil u

    vir ewig dien.

    U kennis, God, is groot en is verstommend;

    dit gee vertroosting, maak my hart so bly.

    Ek hoef ook nooit die duisternis te vrees nie,

    want u, o God, is altyd naby my.

    Waar kan ek van u skuil, Jehovah?

    Waar kan ek vlug, weg van u aangesig?

    Nie na die hemel, nie eens na die Graf nie,

    want selfs die duisternis vir u

    is soos die lig.