Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 42

Die gebed van God se kneg

Kies ’n oudio-opname
Die gebed van God se kneg

(Efesiërs 6:18)

  1. 1. Vader Jehovah, groot en almagtig,

    ons vra u, God, om u groot naam te heilig.

    Mag u beloofde Koninkryk kom,

    seëninge bring vir die hele mensdom.

    Niks en niemand sal kan keer

    dat u wil geskied, o Heer.

  2. 2. Dankie, o God, vir elke voorsiening.

    Gawes van u ontvang ons met waardering.

    U is die Bron van lewe en lig.

    U gee ons kennis, wysheid en insig.

    Mag ons altyd dankbaar bly

    dat u ons so rig en lei.

  3. 3. In hierdie wêreld het ons verdrukking.

    Maar ons ontvang u liefde en vertroosting.

    Dankie dat u ons laste help dra.

    Vader, u hoor as ons u vir hulp vra.

    Met u hulp bly ons getrou,

    kan ons ons beloftes hou.