Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 3

U gee ons hoop en krag

Kies ’n oudio-opname
U gee ons hoop en krag

(Spreuke 14:26)

  1. 1. O Jehovah God, u gee ons hoop,

    ’n hoop wat ons waardeer.

    Ons wil hierdie hoop verkondig

    en ander daarvan leer.

    Maar soms raak ons sorge net te veel,

    sukkel ons om moed te hou.

    En ons hoop wat eens so sterk was,

    kan skielik weer verflou.

    (REFREIN)

    U gee hoop, u gee krag,

    ons vertrou op u.

    As ons swak is, staan u ons by.

    Danksy u kan ons preek

    met vrymoedigheid,

    want daagliks is u aan ons sy.

  2.  2. O Jehovah God, ons vra u hulp,

    want nooit wil ons vergeet

    dat u ons vertroos en bystaan,

    van al ons sorge weet.

    Dié gedagte Vader, gee ons hoop

    en ook moed om voort te gaan.

    En met nuwe krag en ywer

    verkondig ons u naam.

    (REFREIN)

    U gee hoop, u gee krag,

    ons vertrou op u.

    As ons swak is, staan u ons by.

    Danksy u kan ons preek

    met vrymoedigheid,

    want daagliks is u aan ons sy.