Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 29

Mag ons ons naam waardig bly

Kies ’n oudio-opname
Mag ons ons naam waardig bly
UITLEG

(Jesaja 43:10-12)

  1. 1. Vader Jehovah, almagtig en ewig,

    groot is u liefde, volmaak is u werk.

    Bron van die waarheid, oneindig in wysheid,

    u is ons Koning, met mag onbeperk.

    In u aanbidding ervaar ons groot vreugde,

    Koninkryksnuus wil ons oral versprei.

    (REFREIN)

    As u Getuies, hoe groot is ons voorreg.

    O, mag ons altyd ons naam waardig bly!

  2. 2. Skouer aan skouer in u diens so heilig

    werk ons met broers en met susters getrou.

    Ons ken die waarheid, sal dit altyd uitleef,

    nooit sal ons vreugde in u diens verflou.

    Ons dra met trots u groot naam, o Jehovah,

    ons is heelhartig aan u toegewy.

    (REFREIN)

    As u Getuies, hoe groot is ons voorreg.

    O, mag ons altyd ons naam waardig bly!