LIED 22
Die Koninkryk regeer — Laat dit kom!
1. Jehovah, u was altyd daar —
die God van ewigheid.
U Seun is as Koning gekroon
op u bestemde tyd.
Die Koninkryk is opgerig;
die nuwe wêreld is in sig.
(REFREIN)
Want nou behoort aan God
die heerlikheid, redding en mag.
Die Koninkryk regeer.
Ons bid: “Laat dit kom, laat dit kom!”
2. Die Duiwel se tyd is nou kort;
die wêreld gaan verby.
Met oë van geloof kan ons sien
verligting is naby.
Die Koninkryk is opgerig;
die nuwe wêreld is in sig.
(REFREIN)
Want nou behoort aan God
die heerlikheid, redding en mag.
Die Koninkryk regeer.
Ons bid: “Laat dit kom, laat dit kom!”
3. Die engele sing nou tesaam,
ja, hulle is nou bly.
Van Satan se haat en sy leuens
is hulle nou bevry.
Die Koninkryk is opgerig;
die nuwe wêreld is in sig.
(REFREIN)
Want nou behoort aan God
die heerlikheid, redding en mag.
Die Koninkryk regeer.
Ons bid: “Laat dit kom, laat dit kom!”
(Sien ook Dan. 2:34, 35; 2 Kor. 4:18.)