Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 22

Die Koninkryk regeer — Laat dit kom!

Kies ’n oudio-opname
Die Koninkryk regeer — Laat dit kom!
UITLEG

(Openbaring 11:15; 12:10)

  1. 1. Jehovah, u was altyd daar —

    die God van ewigheid.

    U Seun is as Koning gekroon

    op u bestemde tyd.

    Die Koninkryk is opgerig;

    die nuwe wêreld is in sig.

    (REFREIN)

    Want nou behoort aan God

    die heerlikheid, redding en mag.

    Die Koninkryk regeer.

    Ons bid: “Laat dit kom, laat dit kom!”

  2. 2. Die Duiwel se tyd is nou kort;

    die wêreld gaan verby.

    Met oë van geloof kan ons sien

    verligting is naby.

    Die Koninkryk is opgerig;

    die nuwe wêreld is in sig.

    (REFREIN)

    Want nou behoort aan God

    die heerlikheid, redding en mag.

    Die Koninkryk regeer.

    Ons bid: “Laat dit kom, laat dit kom!”

  3.  3. Die engele sing nou tesaam,

    ja, hulle is nou bly.

    Van Satan se haat en sy leuens

    is hulle nou bevry.

    Die Koninkryk is opgerig;

    die nuwe wêreld is in sig.

    (REFREIN)

    Want nou behoort aan God

    die heerlikheid, redding en mag.

    Die Koninkryk regeer.

    Ons bid: “Laat dit kom, laat dit kom!”