LIED 16
Loof Jah vir sy Seun, die Gesalfde
1. Jehovah het Jesus gesalf;
die aarde is sy gebied.
Sy troon rus op reg en op waarheid,
dat Gods wil ook hier kan geskied.
(REFREIN)
Loof Jah vir sy Seun, die Gesalfde.
Loof Jesus, o skape getrou,
wat altyd lojaal sy voetstappe volg
en al sy gebooie hou.
Loof Jah vir sy Seun, die Gesalfde,
die Heerser van hemelse faam,
gesalf met die vreugdeolie en mag
tot eer van ons God se naam.
2. Die broers van ons Heer is geroep;
deur God is hul aangewys.
Saam dien hul as konings en priesters,
herstel ook die aardparadys.
(REFREIN)
Loof Jah vir sy Seun, die Gesalfde.
Loof Jesus, o skape getrou,
wat altyd lojaal sy voetstappe volg
en al sy gebooie hou.
Loof Jah vir sy Seun, die Gesalfde,
die Heerser van hemelse faam,
gesalf met die vreugdeolie en mag
tot eer van ons God se naam.
(Sien ook Spr. 29:4; Jes. 66:7, 8; Joh. 10:4; Op. 5:9, 10.)