Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 150

Soek God, van wie jou redding kom

Kies ’n oudio-opname
Soek God, van wie jou redding kom

(Sefanja 2:3)

  1. 1. Konings kom nou byeen,

    hul staan teen ons God se Seun.

    Maar hul gesag en hulle mag

    word binnekort weggeneem.

    Ja, hulle sal vergaan,

    maar Gods Koninkryk bly staan.

    Die Seun vernietig sy vyande,

    hul word vir ewig verslaan.

    (REFREIN)

    Soek God, van wie jou redding kom;

    betoon geloof, vertrou op hom.

    Soek regverdigheid,

    en sagmoedigheid;

    jou verlossing bring hy tot stand.

    Dan sien jy hoe jou redding kom

    deur sy sterke hand.

  2.  2. Mense sal nou moet kies

    op grond van die goeie nuus.

    En elkeen moet sy keuse maak:

    Dien God of ly groot verlies.

    Toetse kom almal oor,

    maar ons sal nie moed verloor.

    Jehovah gee op lojales ag;

    ons hulpgeroep sal hy hoor.

    (REFREIN)

    Soek God, van wie jou redding kom;

    betoon geloof, vertrou op hom.

    Soek regverdigheid,

    en sagmoedigheid;

    jou verlossing bring hy tot stand.

    Dan sien jy hoe jou redding kom

    deur sy sterke hand.