Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 15

Loof God se Eersgeborene!

Kies ’n oudio-opname
Loof God se Eersgeborene!
UITLEG

(Hebreërs 1:6)

  1. 1. Loof Gods Eersgeboor’ne,

    hy’s Koninkryksmag gegee.

    Hy heers vir reg en waarheid,

    ryk seëninge bring dit mee.

    Met liefde vir Gods naam en

    in prag en waardigheid

    verdedig hy Jehovah

    se soewereiniteit.

    (REFREIN)

    Loof Gods Eersgeboor’ne!

    Prys God se gesalfde Seun.

    Daar staan hy op berg Sion

    as Koning met God se steun.

  2. 2. Loof Gods Eersgeboor’ne;

    sy dood maak dat ons kan leef.

    Sy bloed betaal die losprys;

    ons sondes word so vergeef.

    Kyk, daar’s die bruid van Christus,

    sy wag in wit geklee.

    Hul huw’lik in die hemel

    bring vrede vir ons mee.

    (REFREIN)

    Loof Gods Eersgeboor’ne!

    Prys God se gesalfde Seun.

    Daar staan hy op berg Sion

    as Koning met God se steun.