Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 14

Loof die aarde se nuwe Koning

Kies ’n oudio-opname
Loof die aarde se nuwe Koning

(Psalm 2:​12)

  1. 1. Uit elke nasie, volk en taal

    word mense nou vergader.

    Die Christus en sy troue slaaf

    leer hul om God te nader.

    Die Koninkryk is opgerig;

    dit sal die lyding hier verlig.

    Verlossing van sonde is in sig;

    alle dank aan God, ons Vader.

    (REFREIN)

    Loof ons God, Jehovah, loof sy Seun vir ewig —

    hy is as Koning deur God gekroon.

    Loof die Koning van die konings vandag;

    aan hom sal ons eer betoon.

  2. 2. Verwelkom nou die Seun van God

    met vreugde en verblyding.

    Want hy sal as ons Regter dien,

    hy bring vir ons bevryding.

    Ons sien uit na die Paradys,

    waar selfs die dooies sal verrys.

    Met oë nou gevestig op die prys,

    bring ons graag die blye tyding!

    (REFREIN)

    Loof ons God, Jehovah, loof sy Seun vir ewig —

    hy is as Koning deur God gekroon.

    Loof die Koning van die konings vandag;

    aan hom sal ons eer betoon.