Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 139

Sien jouself wanneer alles nuut is

Kies ’n oudio-opname
Sien jouself wanneer alles nuut is

(Openbaring 21:​1-5)

  1. 1. Sien jy jouself, en sien jy my,

    saam in ’n wêreld waar niemand meer ly?

    Stel jou net voor hoe dit sal wees

    om nooit te treur en om nooit te vrees.

    Geen slegte mens word daar gesien,

    geen mens wat weier om God te dien.

    Dan is dit die tyd vir ’n nuwe begin.

    O, hoor net die lied

    van die hele mens’gesin:

    (REFREIN)

    “Ons dank u, ons God, en loof u groot mag.

    U maak als nuut deur u Seun se gesag.

    Die vreugde in ons hart laat ons juig, laat ons sing;

    ’n lied waarin ons al die lof aan u wil bring.”

  2.  2. Ja, sien jouself, en ook vir my,

    in daardie wêreld van sonde bevry.

    Niks wat ons sien, niks wat gebeur,

    sal ons laat skrik of ons rus versteur.

    Nou word vervul ons grootste wens:

    Ons God, Jehovah, woon by die mens.

    Daarby wek hy selfs dié wat slaap in die dood;

    dan sing ons tesaam,

    en ons loof sy liefde groot:

    (REFREIN)

    “Ons dank u, ons God, en loof u groot mag.

    U maak als nuut deur u Seun se gesag.

    Die vreugde in ons hart laat ons juig, laat ons sing;

    ’n lied waarin ons al die lof aan u wil bring.”