Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 130

Wees vergewensgesind

Kies ’n oudio-opname
Wees vergewensgesind
UITLEG

(Psalm 86:5)

  1. 1. God het uit sy liefde

    deur sy Seun die weg gebaan

    om ons sondes te vergewe;

    selfs die dood sal nie bestaan.

    En as ons opreg berou toon,

    kan ons sy vergifnis vra.

    Op die grondslag van die losprys

    sal sy Seun ons sondes dra.

  2. 2. Ons ontvang vergifnis

    as ons ander ook verskoon

    en hul vrylik bly vergewe,

    empatie en liefde toon.

    Wees met almal net verdraagsaam

    en behandel niemand sleg.

    Toon respek vir broers en susters,

    dis die liefdevolle weg.

  3. 3. As ons foute oorsien,

    vind ons almal daarby baat,

    want ons sal nie wrokke

    koester of verbitter word deur haat.

    Ons is kinders van Jehovah,

    wat aan almal liefde toon.

    Ons vergeef mekaar dus vrylik;

    so volg ons God se patroon.