Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 127

Die soort mens wat ek moet wees

Kies ’n oudio-opname
Die soort mens wat ek moet wees

(2 Petrus 3:11)

  1. 1. Hoe kan ek vergoed, Heer, wat kan ek u bied

    vir u goeie gawes wat ek daagliks geniet?

    U Woord is ’n spieël — ek kan diep in my hart sien,

    want dit openbaar of ek u nog getrou dien.

    (OORGANG)

    Ek bly toegewyd en lojaal aan u, Heer;

    dis nie net ’n plig nie; dit is wat ek begeer.

    Heelhartige diens is ’n voorreg vir my;

    ek skaar my by dié wat u hart verbly.

    Help my onderskei, Heer, met hulp van u gees,

    juis watter soort mens u graag wil hê ek moet wees.

    Aan knegte lojaal sal u altyd lojaal bly.

    Mag elke besluit wat ek neem, tot u guns lei.