Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 LIED 122

Wees standvastig, onbeweeglik!

Kies ’n oudio-opname
Wees standvastig, onbeweeglik!

(1 Korintiërs 15:⁠58)

  1. 1. Daar is probleme die heel wêreld deur.

    Mense is bang vir wat dalk sal gebeur.

    Sterk, onbeweeglik moet ons altyd wees;

    dien God in waarheid en gees.

    (REFREIN)

    Standvastig moet ons dan bly

    en hierdie wêreld vermy;

    tot die einde volhard,

    en so die lewe kry.

  2. 2. Satan se wêreld probeer ons mislei.

    Haat vir wat sleg is, help ons daarteen stry.

    Ons weet dat liefde vir God en sy raad

    ons onbeweeglik kan maak.

    (REFREIN)

    Standvastig moet ons dan bly

    en hierdie wêreld vermy;

    tot die einde volhard,

    en so die lewe kry.

  3. 3. Ons dien Jehovah met hart, siel en krag.

    Skouer aan skouer werk ons dag en nag.

    Laat ons die Koninkryksnuus bly versprei,

    gou is dié stelsel verby.

    (REFREIN)

    Standvastig moet ons dan bly

    en hierdie wêreld vermy;

    tot die einde volhard,

    en so die lewe kry.