LIED 117
Goedheid
1. O Jehovah, God van goedheid,
hoe het u ons tog geseën!
U is heilig, so lojaal en
altyd daar om ons te steun.
U toon guns en gee genade,
wat ons nooit sal kan verdien.
U is ons aanbidding waardig
en die God wat ons graag dien.
2. Nou weerspieël u volk u goedheid
deur u Woord bekend te maak.
Goeie nuus bring hul aan ander,
bou hul op in woord en daad.
Onderrigting, goeie herders,
oral dra dit goeie vrug.
Gee u gees en lei ons, Vader,
sodat goedheid ons treë rig.
3. Vader, seën ons goeie dade,
waar ons hulp aan broers voorsien.
Ons wil goed doen ook aan almal,
selfs aan dié wat u nie dien.
In gesinne en gemeentes,
elke dorp en elke stad,
sal ons met u gees en leiding
goed doen oral op ons pad.
(Sien ook Ps. 103:10; Mark. 10:18; Gal. 5:22; Ef. 5:9.)