Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 116

Die krag van goedhartigheid

Die krag van goedhartigheid

(Efesiërs 4:​32)

  1. 1. Ons loof u, Jehovah, diep uit die hart,

    vir wat u Woord ons leer.

    U wysheid is groot, u mag onbeperk,

    maar u’s ook goedhartig en teer.

  2. 2. U Seun sê nog steeds vir almal wat ly

    om krag by hom te kry.

    Want sag is sy juk en lig is sy vrag;

    goedhartig, verkwikkend is hy.

  3. 3. Die voorbeeld van God en Christus, ons Heer,

    volg ons met hart en siel.

    Die krag van goedhartigheid sal ons sien,

    terwyl ons dit altyd weerspieël.