LIED 114
Wees geduldig
1. Ons Soewerein, Jehovah,
is yw’rig vir sy grote naam.
Dis heilig en dis suiwer,
dit moet gereinig word van blaam.
Maar deur al die geslagte
toon hy deurentyd geduld.
Verdraagsaam teenoor almal
vergeef hy hulle skuld.
Ja, alle soorte mense
moet leer wat God van hul vereis.
Uit liefde vir die mensdom
het hy so lank geduld bewys.
2. Geduld is baie nodig
om op die regte pad te bly.
Dit hou ons harte kalm,
en help om woede te vermy.
Die goeie in ons naaste
sien dit altyd eerste raak,
kan selfs in swaar beproewing
ons ewewig bewaak.
Ons vra Gods gees en leiding,
dit help ons om geduld te toon.
Sy voorbeeld wil ons navolg,
hy’s dié geduldigste Persoon.
(Sien ook Eks. 34:14; Jes. 40:28; 1 Kor. 13:4, 7; 1 Tim. 2:4.)