Aan die Romeine 11:1-36

  • Die hele Israel nie verwerp nie (1-16)

  • Illustrasie van olyfboom (17-32)

  • Diepte van God se wysheid (33-36)

11  Ek vra dan: Het God sy volk verwerp?+ Glad nie! Want ek is ook ’n Israeliet, van die nageslag* van Abraham, uit die stam van Benjamin.  God het sy volk, wat hy eerste gekies het, nie verwerp nie.+ Weet julle nie wat die Skrif oor Eliʹa sê nie? Hy het by God oor Israel gekla en gesê:  “Jehovah,* hulle het u profete doodgemaak, hulle het u altare uitgegrawe, en ek het alleen oorgebly, en nou probeer hulle my* doodmaak.”+  Maar hoe het God hom geantwoord? “Ek het 7 000 manne vir myself laat oorbly, manne wat nie die knie voor Baäl gebuig het nie.”+  So is daar ook in hierdie tyd ’n oorblyfsel+ wat as gevolg van onverdiende goedheid uitgekies is.  As dit dan nou deur onverdiende goedheid is,+ is dit nie meer deur werke nie,+ want anders is die onverdiende goedheid nie meer onverdiende goedheid nie.  Wat sal ons dan sê? Israel het nie verkry waarna hulle ernstig gesoek het nie, maar dié wat uitgekies is, het dit wel verkry.+ Die res het geweier om te luister,+  net soos daar geskryf is: “God het hulle ’n gees van diep slaap gegee,+ oë wat nie sien nie en ore wat nie hoor nie, tot vandag toe.”+  Dawid sê ook: “Laat hulle tafel vir hulle ’n vangnet en ’n strik en ’n struikelblok en ’n straf word. 10  Laat hulle oë blind word sodat hulle nie kan sien nie, en laat hulle rug vir altyd krom wees.”+ 11  Daarom vra ek: Het hulle gestruikel en heeltemal geval? Beslis nie! Maar deur hulle misstap is daar redding vir mense van die nasies, om hulle jaloers te maak.+ 12  As hulle misstap dan nou rykdom vir die wêreld beteken en hulle vermindering rykdom vir mense van die nasies,+ sal hulle volle getal soveel meer beteken! 13  Ek praat dan nou met julle wat mense van die nasies is. Aangesien ek ’n apostel vir die nasies is,+ heg ek groot waarde aan* my bediening+ 14  om te sien of ek op die een of ander manier my eie mense* jaloers kan maak en party onder hulle kan red. 15  Want as hulle verwerping+ beteken dat die wêreld met God versoen word, wat sal dit beteken as hulle aangeneem word? Dit sal wees asof hulle uit die dood terugkeer na die lewe. 16  En as die eerste deel van die deeg wat as eerstelinge geoffer word, heilig is, is al die deeg ook heilig, en as die wortel heilig is, is die takke ook. 17  Maar as party van die takke afgebreek is en jy, al is jy ’n wilde olyfboom, tussen hulle geënt is en baat gevind het by die voedingskrag van die olyfboom se wortel, 18  moet jy nie neersien op die takke nie. As jy wel op hulle neersien,+ moet jy onthou dat jy nie die wortel dra nie, maar dat die wortel jou dra. 19  Jy sal dan sê: “Takke is afgebreek sodat ek geënt kan word.”+ 20  Dit is waar! Weens hulle gebrek aan geloof is hulle afgebreek,+ maar jy staan deur jou geloof.+ Maar pasop, moenie hoogmoedig wees nie. 21  Want as God nie die natuurlike takke gespaar het nie, sal hy jou ook nie spaar nie. 22  Dink dan aan God se goedhartigheid+ en strengheid. Daar is strengheid teenoor dié wat geval het,+ maar God is goed vir jou, solank jy in sy goedhartigheid bly, anders sal jy ook afgekap word. 23  En hulle sal ook geënt word+ as hulle geloof begin toon, want God kan hulle weer ent. 24  Want as jy uit die wilde olyfboom gesny is en op die gekweekte olyfboom geënt word, al word dit nie gewoonlik so gedoen nie, dan sal dié wat natuurlike takke is, sekerlik op hulle eie olyfboom geënt word! 25  Broers, ek wil hê dat julle moet weet van hierdie heilige geheim,+ sodat julle nie in julle eie oë wys word nie: Party Israeliete se harte is verhard, en dit sal so bly totdat die volle getal mense van die nasies ingekom het, 26  en op hierdie manier sal die hele Israel+ gered word. Net soos daar geskryf is: “Die verlosser* sal uit Sion kom+ en die goddelose gebruike van Jakob wegneem. 27  En dit is my verbond met hulle,+ wanneer ek hulle sondes wegneem.”+ 28  Wat die goeie nuus betref, is hulle nou wel vyande ter wille van julle, maar God is lief vir hulle en het hulle uitgekies as gevolg van die belofte aan hulle voorvaders.+ 29  Want die gawes en die roeping van God is nie dinge waaroor hy spyt sal voel nie. 30  Want net soos julle voorheen aan God ongehoorsaam was,+ is daar nou genade aan julle betoon+ weens hulle ongehoorsaamheid.+ 31  Net so het hy genade aan julle betoon weens hulle ongehoorsaamheid, maar as gevolg daarvan kan hy nou ook genade aan hulle betoon. 32  Want God het toegelaat dat hulle almal gevangenes van ongehoorsaamheid word+ sodat hy genade aan hulle almal kan betoon.+ 33  Hoe diep is God se rykdom en wysheid en kennis tog! Niemand kan sy besluite* ten volle verstaan of sy dade ten volle begryp nie! 34  Want “wie het Jehovah* se denke leer ken, of wie het sy raadgewer geword?”+ 35  Of “wie het eerste vir hom iets gegee, sodat hy daarvoor terugbetaal moet word?”+ 36  Want alles is uit hom en deur hom en vir hom. Aan hom behoort die eer tot in ewigheid. Amen.

Voetnote

Lett. “saad”.
Of “my siel”.
Of “verheerlik ek”.
Lett. “my vlees”.
Of “redder”.
Of “oordele”.