Obadja 1:1-21

  • Hoogmoedige Edom sal verneder word (1-9)

  • Edom se geweld teen Jakob (10-14)

  • Jehovah se dag teen al die nasies (15, 16)

  • Huis van Jakob sal herstel word (17-21)

    • Edom sal deur Jakob verteer word (18)

    • Koningskap sal Jehovah s’n word (21)

 Die visioen van Obadʹja:* Dít is wat die Soewereine Heer Jehovah oor Edom sê:+ “Ons het ’n berig van Jehovah gehoor. ’n Boodskapper* is onder die nasies uitgestuur: ‘Staan op, laat ons gereedmaak vir oorlog teen hom.’”+   “Ek het jou klein gemaak onder die nasies. Daar word erg op jou neergesien.+   Jou trotse hart het jou bedrieg,+jy wat in die skuilplekke van die krans woon,wat in die hoogtes bly en in jou hart sê: ‘Wie sal my na die aarde toe afbring?’   Al maak jy jou woonplek hoog,* soos die arend,of al plaas jy jou nes tussen die sterre,ek sal jou daarvandaan afbring,” sê Jehovah.   “As diewe na jou toe kom, rowers in die nag,(jy sal heeltemal vernietig word!)*sal hulle nie slegs steel wat hulle wil hê nie? Of as druiweplukkers na jou toe kom,sal hulle nie van die oesoorblyfsels agterlaat nie?+   Hoe is Esau tog deursoek! Hoe is daar tog gesoek na sy skatte wat weggesteek is!   Hulle het jou tot by die grens gedryf. Al jou bondgenote* het jou bedrieg. Die manne wat in vrede met jou gelewe het, het jou oorwin. Dié wat saam met jou brood eet, sal ’n net onder jou span,maar jy sal dit nie agterkom nie.”   Jehovah sê: “Sal ek nie in daardie dagdie wyses uit Edom vernietig,+en dié met goeie oordeel uit die bergstreek van Esau nie?   En jou vegters sal baie bang word,+ o Teman,+omdat elkeen in die bergstreek van Esau in die slagting vernietig sal word.+ 10  Weens die geweld teen jou broer Jakob+sal skaamte jou bedek,+en jy sal vir ewig verdwyn.+ 11  Die dag toe jy eenkant gestaan het,die dag toe vreemdelinge sy leërmag in gevangenskap weggeneem het,+toe uitlanders by sy poort ingegaan en die lot oor Jerusalem gewerp het,+het jy soos een van hulle opgetree. 12  Moenie lekker kry as gevolg van wat met jou broer gebeur op die dag dat ’n ramp hom tref nie,+moenie bly wees oor die volk van Juda op die dag van hulle ondergang nie,+en moenie ’n groot mond hê op die dag van hulle angs nie. 13  Moenie by die poort van my volk inkom op die dag van hulle ongeluk nie,+moenie lekker kry as gevolg van sy rampspoed op die dag van sy ongeluk nie,en moenie jou hand na sy rykdom uitsteek op die dag van sy ongeluk nie.+ 14  Moenie by die kruispad staan om dié wat ontsnap, dood te maak nie,+en moenie sy oorlewendes in die dag van angs in die hand van sy vyande gee nie.+ 15  Want die dag van Jehovah teen al die nasies is naby.+ Soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word.+ Die manier waarop jy ander behandel het, sal op jou eie kop terugkom. 16  Want soos julle op my heilige berg gedrink het,sal al die nasies voortdurend bly drink.+ Hulle sal drink en insluk,en dit sal wees asof hulle nooit bestaan het nie. 17  Maar dié wat weggekom het, sal op die berg Sion wees,+en dit sal heilig wees,+en die huis van Jakob sal hulle besittings in besit neem.+ 18  Die huis van Jakob sal ’n vuur word,die huis van Josef ’n vlam,en die huis van Esau soos strooi. Hulle sal hulle aan die brand steek en verteer,en daar sal geen oorlewende van die huis van Esau wees nie,+want Jehovah het dit gesê. 19  Hulle sal die Negeb in besit neem, en die bergstreek van Esau,+die Sjefeʹla en die land van die Filistyne.+ Hulle sal die gebied van Eʹfraim en die gebied van Samariʹa in besit neem,+en Benjamin sal Giʹlead in besit neem. 20  Aan die ballinge* van hierdie vesting,*+aan die volk Israel sal die land van die Kanaäniete tot by Sarfat+ behoort. En die ballinge van Jerusalem, wat in Sefaʹrad was, sal die stede van die Negeb besit.+ 21  En redders sal teen die berg Sion opgaanom die bergstreek van Esau te oordeel,+en die koningskap sal Jehovah s’n word.”+

Voetnote

Beteken “kneg van Jehovah”.
Of “Gesant”.
Of moontlik “Al vlieg jy hoog”.
Of moontlik “hoeveel sal hulle vernietig?”
Of “dié wat in ’n verbond met jou is”.
D.w.s. mense wat uit hulle land weggevoer is.
Of “skans”.