Miga 1:1-16

  • Oordeel teen Samaria en Juda (1-16)

    • Sondes en opstandigheid veroorsaak die probleme (5)

1  Dít is die woord van Jehovah aan Miga*+ van Moreʹset. Hy het dit in ’n visioen oor Samariʹa en Jerusalem ontvang in die dae van Jotam,+ Agas+ en Hiskiʹa,+ konings van Juda:+   “Luister, alle volke! Skenk aandag, o aarde en alles daarop. Laat die Soewereine Heer Jehovah as ’n getuie teen julle dien+– Jehovah uit sy heilige tempel.   Want Jehovah verlaat sy woonplek. Hy sal neerdaal en op die hoë plekke van die aarde loop.   Die berge sal onder hom smelt,+en die valleie sal oopskeursoos was voor die vuur,soos waters wat teen ’n steil helling afgegooi word.   Dit alles gebeur weens die opstandigheid van Jakob,weens die sondes van die huis van Israel.+ Wat is die opstandigheid van Jakob? Is dit nie Samariʹa nie?+ En wat is die offerhoogtes van Juda?+ Is dit nie Jerusalem nie?   Ek sal Samariʹa ’n verwoeste plek in die veld maak,’n plek om wingerde te plant. Ek sal haar klippe in die vallei afgooi,en ek sal haar fondamente laat oop lê.   Al haar beelde sal stukkend geslaan word,+en al die geskenke wat sy as loon vir haar prostitusie ontvang het, sal met vuur verbrand word.+ Ek sal al haar afgode vernietig. Want sy het dit bymekaargemaak uit wat sy weens haar prostitusie verdien het,en dit sal weer die loon van prostitute word.”   Daarom sal ek huil en treur.+ Ek sal kaalvoet en kaal loop.+ Ek sal huil soos ’n jakkalsen treur soos ’n volstruis.   Want haar wond kan nie genees word nie,+en dit het tot by Juda gekom.+ Die plaag het versprei tot by die poort van my volk, tot by Jerusalem.+ 10  “Moet dit nie in Gat bekend maak nie. Julle moet glad nie huil nie. Rol in die stof in Bet-Afra.* 11  Trek weg in naaktheid en skande, o inwoners van Safir. Die inwoners van Saänan het nie uitgekom nie. Daar sal ’n gehuil in Bet-Esel wees, en hulle sal julle nie meer ondersteun nie. 12  Die inwoners van Marot het op iets goeds gewag,maar iets slegs het van Jehovah neergedaal tot by die poort van Jerusalem. 13  Span die perde voor die wa, o inwoners van Lagis.+ Julle was die begin van sonde vir die dogter van Sion,want die opstandige dade van Israel is in jou gevind.+ 14  Daarom moet jy afskeidsgeskenke aan Moreʹset-Gat gee. Die huise van Agsib+ was iets bedriegliks vir die konings van Israel. 15  Ek sal die veroweraar na julle toe bring,+ o inwoners van Mareʹsa.+ Die heerlikheid van Israel sal tot by Adulʹlam+ kom. 16  Sny julle hare en skeer julle koppe kaal vir julle geliefde kinders. Skeer julle koppe so kaal soos dié van ’n arend,want hulle is in ballingskap van julle weggeneem.”+

Voetnote

’n Verkorte vorm van Migael of Migaja, wat “wie is soos Jehovah?” beteken.
Of “in die huis van Afra”.