Josua 22:1-34

  • Oostelike stamme keer terug (1-8)

  • Altaar gebou by Jordaan (9-12)

  • Doel van altaar verduidelik (13-29)

  • Misverstand opgeklaar (30-34)

22  Toe het Josua die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse geroep  en vir hulle gesê: “Julle het alles gedoen wat Moses, die kneg van Jehovah, julle beveel het,+ en julle het my stem gehoorsaam in alles wat ek julle beveel het.+  Julle het julle broers die hele tyd, tot vandag toe, nie in die steek gelaat nie,+ en julle het die gebod van Jehovah julle God getrou uitgevoer.+  Nou het Jehovah julle God vir julle broers vrede gegee, net soos hy hulle belowe het.+ Julle mag dus nou teruggaan na julle tente in die land wat Moses, die kneg van Jehovah, aan die ander kant* van die Jordaanrivier aan julle gegee het.+  Maar sorg net dat julle die gebod en die Wet uitvoer wat Moses, die kneg van Jehovah, aan julle gegee het:+ Julle moet Jehovah julle God liefhê,+ al sy weë volg,+ gehoorsaam wees aan sy gebooie,+ lojaal bly aan hom+ en hom met julle hele hart en met julle hele siel*+ dien.”+  Toe het Josua hulle geseën en hulle weggestuur, en hulle het na hulle tente gegaan.  En Moses het aan die halwe stam van Manasʹse ’n erfdeel in Basan gegee,+ en Josua het aan die ander helfte van die stam ’n stuk grond gegee by hulle broers aan die westekant van die Jordaanrivier.+ En toe Josua hulle na hulle tente weggestuur het, het hy hulle ook geseën  en vir hulle gesê: “Gaan terug na julle tente met groot rykdom, met baie vee, met silwer en goud, koper en yster en ’n baie groot hoeveelheid klere.+ Deel met julle broers in die besittings wat julle van julle vyande afgeneem het.”+  Daarna het die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse weggetrek van die ander Israeliete af, uit Silo uit, wat in die land Kanaän is, en hulle het na die land Giʹlead teruggegaan,+ hulle eie gebied waarin hulle gaan woon het, soos Jehovah hulle deur middel van Moses beveel het.+ 10  Toe hulle in die land Kanaän by die Jordaanrivier kom, het die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse daar by die Jordaanrivier ’n altaar gebou – ’n groot, indrukwekkende altaar. 11  Later het die ander Israeliete dit gehoor+ en gesê: “Kyk! Die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse het ’n altaar gebou op die grens van die land Kanaän, by die Jordaanrivier, aan die kant wat aan die Israeliete behoort.” 12  Toe die Israeliete daarvan hoor, het die hele gemeenskap van Israel in Silo+ bymekaargekom om teen hulle oorlog te voer. 13  Toe het die Israeliete Piʹnehas,+ die seun van Eleaʹsar, die priester, na die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse in die land Giʹlead gestuur, 14  en tien hoofmanne was saam met hom, een hoofman van elke vaderhuis van al die stamme van Israel, en elkeen van hulle was ’n hoof van sy vaderhuis onder die familiegroepe* van Israel.+ 15  Toe hulle by die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse in die land Giʹlead gekom het, het hulle vir hulle gesê: 16  “Dít is wat die hele volk van Jehovah sê: ‘Hoekom het julle ontrou+ aan die God van Israel geword? Vandag het julle opgehou om Jehovah te volg deurdat julle vir julle ’n altaar gebou het en teen Jehovah in opstand gekom het.+ 17  Was die oortreding van Peor nie genoeg vir ons nie? Ons het ons tot vandag toe nog nie daarvan gereinig nie, al het ’n plaag oor die volk van Jehovah gekom.+ 18  En julle wil vandag sowaar ophou om Jehovah te volg! As julle vandag teen Jehovah in opstand kom, sal hy môre kwaad wees vir die hele gemeenskap van Israel.+ 19  Maar as julle eie land onrein is, trek dan oor na die land van Jehovah,+ waar die tabernakel van Jehovah is,+ en kom woon tussen ons. Maar moenie teen Jehovah in opstand kom nie, en moenie rebelle van ons maak deur vir julle ’n ander altaar te bou behalwe die altaar van Jehovah ons God nie.+ 20  Onthou wat gebeur het toe Agan,+ die seun van Serag, ’n daad van ontrouheid gepleeg het in verband met die dinge wat vernietig moes word. Het God nie vir die hele gemeenskap van Israel woedend geword nie?+ Hy was nie die enigste man wat vir sy oortreding gesterf het nie.’”+ 21  Toe het die Rubeniete, die Gadiete en die halwe stam van Manasʹse die hoofde van die familiegroepe* van Israel+ geantwoord en gesê: 22  “Die God van die gode, Jehovah!* Die God van die gode, Jehovah,+ weet, en Israel sal ook weet. As ons opstandig en ontrou aan Jehovah was, moet julle ons nie vandag spaar nie. 23  As ons vir ons ’n altaar gebou het om op te hou om Jehovah te volg en om brandoffers, graanoffers en vrede-offers* daarop te offer, sal Jehovah ons daarvoor straf.+ 24  Nee, ons het dit om ’n ander rede gedoen, want ons het gesê: ‘In die toekoms sal julle seuns vir ons seuns sê: “Wat het julle te doen met Jehovah, die God van Israel? 25  Jehovah het die Jordaanrivier as ’n grens gestel tussen ons en julle, die Rubeniete en die Gadiete. Julle het geen deel aan Jehovah nie.” En julle seuns sal ons seuns keer om Jehovah te aanbid.’* 26  “Ons het dus gesê: ‘Laat ons ’n altaar bou, nie vir brandoffers of vir offerandes nie, 27  maar sodat dit ’n getuie kan wees tussen julle en ons+ en ons nakomelinge,* dat ons ons diens aan Jehovah sal verrig met ons brandoffers, ons vrede-offers* en ons ander offerandes,+ sodat julle seuns nie in die toekoms vir ons seuns sal sê: “Julle het geen deel aan Jehovah nie.”’ 28  Toe het ons gesê: ‘As hulle dit in die toekoms vir ons en ons nakomelinge* sê, sal ons dan sê: “Kyk na die afbeelding van Jehovah se altaar wat ons voorvaders gemaak het, nie vir brandoffers of vir offerandes nie, maar sodat dit ’n getuie tussen julle en ons kan wees.”’ 29  Ons sal nie eers daaraan dink om teen Jehovah in opstand te kom en om vandag op te hou om Jehovah te volg+ deur ’n ander altaar vir brandoffers, graanoffers en offerandes te bou nie behalwe die altaar van Jehovah ons God wat voor sy tabernakel is!”+ 30  Toe die priester Piʹnehas, die hoofmanne van die gemeenskap en die hoofde van die familiegroepe* van Israel wat saam met hom was, die woorde hoor wat die nakomelinge van Ruben, Gad en Manasʹse gesê het, was hulle tevrede.+ 31  Daarna het Piʹnehas, die seun van die priester Eleaʹsar, vir die nakomelinge van Ruben, Gad en Manasʹse gesê: “Vandag weet ons dat Jehovah onder ons is, want julle het nie ontrou aan Jehovah geword nie. Nou het julle die Israeliete uit die hand van Jehovah gered.” 32  Piʹnehas, die seun van die priester Eleaʹsar, en die hoofmanne het toe die Rubeniete en die Gadiete in die land Giʹlead verlaat en na die land Kanaän teruggekeer, en hulle het die ander Israeliete vertel wat gesê is. 33  En die Israeliete was tevrede met die antwoord. Toe het hulle God geloof, en hulle het nie weer daarvan gepraat om oorlog te maak teen die Rubeniete en die Gadiete om die land waarin hulle woon, te verwoes nie. 34  Die Rubeniete en die Gadiete het die altaar dus ’n naam gegee,* want “dit is ’n getuie tussen ons dat Jehovah die ware God is”.

Voetnote

D.w.s. die oostekant.
Of “duisende”.
Of “duisende”.
Of “Die Goddelike Wese, God, Jehovah”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Lett. “vrees”.
Lett. “geslagte”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Lett. “geslagte”.
Of “duisende”.
Uit die verduideliking wat gegee word, is die altaar waarskynlik Getuie genoem.