Job 7:1-21

  • Job antwoord verder (1-21)

    • Lewe is soos slawearbeid (1, 2)

    • “Hoekom het u my u teiken gemaak?” (20)

7  “Is die lewe van ’n sterflike mens nie soos slawearbeid nie? En is sy dae nie soos dié van ’n gehuurde werker nie?+   Soos ’n slaaf smag hy na die skaduwee,en soos ’n gehuurde werker wag hy vir sy loon.+   So het ek maande van nutteloosheiden nagte van swaarkry ontvang.+   Wanneer ek gaan lê, vra ek: ‘Wanneer kan ek opstaan?’+ Maar die nag sleep stadig verby, en ek rol rond totdat dit oggend word.   My liggaam is bedek met wurms en klonte grond.+ My vel is vol rowe, en etter loop daaruit.+   My dae gaan vinniger verby as wat ’n spoel in ’n weefraam beweeg,+en hulle eindig sonder hoop.+   Onthou dat my lewe kort is,+dat ek nooit weer geluk sal ondervind nie.*   Die oog wat my nou sien, sal my nie meer sien nie. U oë sal my soek, maar ek sal weg wees.+   Soos ’n wolk wat verdwyn,so sal die een wat na die Graf* gaan, nie terugkom nie.+ 10  Hy sal nie na sy huis terugkeer nie,en hy sal nie meer by sy plek onthou word nie.+ 11  Daarom sal ek nie stilbly nie. Ek sal praat weens die pyn in my hart. Ek sal kla omdat ek bitterlik ly!+ 12  Is ek die see of ’n seemonster,dat u ’n wag oor my moet aanstel? 13  Wanneer ek sê: ‘My rusbank sal my vertroos. My bed sal help om my lyding te verlig,’ 14  dan maak u my bang met dromeen ontstel u my met visioene, 15  en daarom sal ek verkies om te versmoor. Ja, ek sal die dood verkies bo hierdie liggaam van my.+ 16  Ek haat my lewe;+ ek wil nie meer lewe nie. Laat my in vrede, want my lewe gaan vinnig verby.*+ 17  Wat is die mens dat u in hom belangstelen dat u aandag aan hom skenk?+ 18  Hoekom ondersoek u hom elke oggenden toets u hom elke oomblik van die dag?+ 19  Wil u nie wegkyken my vir ’n oomblik in vrede laat nie?+ 20  As ek gesondig het, hoe benadeel dit u, die Een wat die mensdom dophou?+ Hoekom het u my u teiken gemaak? Het ek vir u ’n las geword? 21  Hoekom vergewe u nie my sondeen verskoon u nie my oortreding nie? Want binnekort sal ek in die stof gaan lê.+ U sal my soek, maar ek sal weg wees.”

Voetnote

Lett. “dat my oog nooit weer die goeie sal sien nie”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “my dae is soos ’n asem”.